'n Lewe met die vaders Oor Carl Borchardt as student van die vroee kerk

J.H. Ie Roux

Abstract


A life with the fathers
Carl Borchardt's views on the early church


This article focuses on Carl Borchardt's contribution to the study of the early church. Especially one aspect of his historical endeavours is highlighted: the close link between the Bible and church history. He illustrated how the early church lived from the Bible and how patristic
theology was shaped fundamentally by the Bible. Because he was so wellequiped for the study of the early church Borchardt succeeded highlighting the beauty of patristic exegesis and opening up new ways  of understanding our religious past.


Dit was in Julie 1968 dat ek Carl Borchardt vir die eerste keer ontmoet het. Professor Ben Marais was die semester weg en Borchardt moes die middeleeue en die reformasie aan ons doseer. Hy was inderdaad 'n
uitstekende keuse. Pas twee jaar gelede het hy in Leiden by die befaamde Bakhuizen van den Brink gepromoveer. Sy proefskrif, Hilary of Poitier's role in the Arian struggle, was van so 'n gehalte dat dit in die reeks, Kerkhistorische Studien, opgeneem is. Borchardt was 'n uitnemende plaasvervanger vir Ben 1-farais. So ver ek egter kan onthou, was dosent Borchardt 'n bietjie skugter en manuskripgebonde, maar tog was daar iets in sy Iesings wat my na al die jare nog bybly: 'n deeglike kennis van en 'n vaardigheid met primere en sekondere bronne van die middeleeue en die reformasie. Nou nog onthou ek van die bronne wat hy met die oog op 'n Lutherstudie vermeld het. Drie jaar later was ons saam kollegas aan die Universiteit van Suid-Afrika. Borchardt was in aIle opsigte my senior,
maar tog was hy 'n besondere kollega. Tydens daardie goeie Unisajare was ons dosentegetalle klein en gevolglik het ek Borchardt op 'n besondere manier leer ken. Talle gesprekke oor die kerkgeskiedenis het in sy kantoor of by die teekan plaasgevind. Toe hy in 1975 Unisa se diens verlaat en hom by die Universiteit van Pretoria aangesluit het, was dit 'n droewige dag. Vir my was dit egter 'n groot vreugde om in 1987 weer sy kollega te kon word. Van Carel Borchardt het ek enorm veel geleer. Hy is in murg en been 'n akademikus, leermeester en kerkhistorikus. Oor die kerk se historiesegang het hy 'n groot kennis beskik en het dit graag gedeel. Vir die Nederduitse Gereformeerde Kerk is sy aftrede 'n groot verlies. Met aangename herinneringe sal sy studente en kollegas die werk van  ~ns geagte koUega koester. Hieronder word kortliks op een aspek van sy kerkhistoriese arbeid gefokus: sy studie van die Parres. As ek aan Borchardt dink, is dit veral sy werk oor die vroee kerk wat my bybly. Sy entoesiasme vir die ou Vaders was aansteeklik. As hy oor hulle gepraat het, was die geesdrif voelbaar.
Hieronder word slegs 'n paar fasette van Borchardt se werk as patristikus belig. Veral word die band tussen kerkgeskiedenis en die Skrif beklemtoon.


Full Text: PDF

Refbacks

  • There are currently no refbacks.


Other AOSIS OpenJournals publications include:

 

Verbum et Ecclesia
The international standard serial numbers:
ISSN: 1609-9982 (Print)
ISSN: 2074-7705 (Online)
This work is licensed under a Creative Commons Attribution License.

AOSIS OpenJournals | Perfecting Scholarship Online

Private bag X22, Postnet Suite #55, Tygervalley, South Africa, 7536
Tel: 086 1000 381
Tel: +27 21 975 2602
Fax: 086 5004 974

Please read the privacy statement.