Search this journal:     Advanced search
Article Information

Author:
Johan Wildenboer1

Affiliation:
1Department Ou Testamentiese Studies, Universiteit van Pretoria, Pretoria, Suid-Afrika

Correspondence to:
Johan Wildenboer

email:
johan.wildenboer@gmail.com

Postal address:
673 Tottumstraat, Dorandia 0182, Suid Afrika

Keywords
Deuteronomistiese geskiedswerk; gerekonstrueerde teks; Heksateug; Pentateug; ná-priesterlike narratief

Dates:
Received: 10 Dec. 2009
Accepted: 25 June 2010
Published: 15 Nov. 2010

How to cite this article:
Wildenboer, J., 2010, ‘Die literêre komposisie van Josua 3:1’, Verbum et Ecclesia 31(1), Art. #364, 7 pages. DOI: 10.4102/ve.v31i1.364

Note:
Hierdie artikel is `n verwerking van `n gedeelte van Johan Wildenboer se PhD proefskrif getitel ‘`n Literêr-historiese ondersoek na Josua 3 en 4’ (2010), in die Departement Ou Testamentiese Wetenskap, Universiteit van Pretoria, onder leiding van prof. dr Dirk Human.

Copyright Notice:
© 2010. The Authors. Licensee: OpenJournals Publishing. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License.

ISSN: 1609-9982 (print)
ISSN: 2074-7705 (online)

Die literêre komposisie van Josua 3:1–17
In This Original Research...
Abstract
Inleiding
Rekonstruksie van Deuteronomistiese verhaal van die Jordaandeurgang
Rekonstruksie van die na-priesterlike narratief van die Jordaandeurgang
Gevolgtrekking
Literatuurverwysings
Footnotes
Abstract

The literary composition of Joshua 3:1–17

Joshua 3 and 4 confront the attentive reader with several literary problems, especially with regard to chronology. This article attempts to provide a solution to the problems in Joshua 3. The author reconstructed narratives, namely a Deuteronomistic and a post-priestly narrative. The Deuteronomistic narrative forms part of the original narrative of the Jordan crossing. It also forms part of an exilic Deuteronomistic History. The aim of this exilic Deuteronomistic History is to explain the loss of the land during the Babylonian exile.

The post-priestly narrative of Joshua 3 and 4 most probably came into being when the priestly material (Gen–Num) was linked with the Deuteronomistic History. Thus, the post-priestly narrative of Joshua 3 and 4 elaborates on and expands the original Deuteronomistic narrative of the Jordan crossing. The merging of these two narratives is the cause of the chronological and other literary problems in Joshua 3.

Inleiding

Josua 3 en 4 bring die leser voor menige uitdagings te staan (vgl Auld 1980; Butler 1983). Verskeie navorsers het al uit verskillende hoeke gepoog om die teenstrydighede en weersprekings in Josua 3 en 4 te verklaar.1 Dié verskillende invalshoeke sluit die volgende in: historiese kritiek (Bieberstein 1995:304–427; Boling & Wright 1982:179–181; Butler 1983:41–42; Dus 1960:107–134; Fritz 1994:46–56; Keller 1956:85–97; Maier 1965:18–32; Nelson 1997:58; Noth 1953:25, 27, 31–32; Römer 2007:134; Rudolph 1938:169; Van der Meer 2004:152–153; Vogt 1965:128–145), literêre kritiek (Hawk 1991; Koorevaar 1990; Peckham 1984:413–431; Polzin 1980) en ʼn kulties-historiese benadering (Kraus 1951:191–199; Otto 1975; Soggin 1972:53; Von Rad 1966; 2005:31–38; Wijngaards 1969; Wildberger 1960:40–73).

Römer (2007) bied ʼn interessante hipotese vir die ontstaan van die boek Josua. Alhoewel die konsep van ʼn Deuteronomistiese geskiedswerk vandag nie sonder meer aanvaar word nie, verbind Römer die ontstaan van die boek Josua daarmee. Römer se model bevat die volgende elemente:

• Die eerste weergawe van die boek Deuteronomium (Deut 6:4–28:69) bevat die sentralisasiewette. Hierdie weergawe dateer uit die vooreksiliese tydperk, en toon ooreenkomste met Assiriese vasalverdrae.

• Die tweede weergawe dateer uit die eksiliese tyd. Deuteronomium 1–3 dien om die volk se oorsprong te verduidelik. Verdere uitbreidings van die Deuteronomistiese geskiedswerk vind tot in die Persiese tyd plaas.

• Die boek Josua weerspieël die ontwikkeling van die Deuteronomistiese geskiedswerk. Die eerste weergawe van die boek Josua het waarskynlik Josua 5–12 bevat. Hierdie weergawe dien om koning Josia se uitbreiding van die noorde te regverdig.

• Die eksiliese weergawe van die boek Josua sluit Josua 1, 3 en 4 in.2 Verdere byvoegings vind in die na-eksiliese tyd plaas.

Hierdie artikel poog om Römer se model aan die hand van Josua 3:1–17 te evalueer. Eerstens word die verbande tussen Deuteronomium 1–3 en 31–34, en Josua 1 en 3 ondersoek om te bepaal of die eksiliese weergawe van die Deuteronomistiese Geskiedswerk daardeur gerekonstrueer kan word. Daarna maak die analise van Josua 3:1–17 die middelpunt van hierdie ondersoek uit.

Rekonstruksie van Deuteronomistiese verhaal van die Jordaandeurgang

Verband tussen Deuteronomium 1–3 en 31–34 en Josua 1 en 3

In die eerste plek ondersoek die outeur die verbande tussen Josua 3:7–8, Josua 1 en Deuteronomium 3 en 31. Bieberstein (1995:375), wat ʼn omvattende literêre studie van Josua 1–6 gemaak het, identifiseer Josua 1:1–2, 5b–6d, 9d–11e, 16a–17d en 18e–f as literêre eenheid,3 en verwys na spesifieke formules in die teks wat ook in verskeie Deuteronomistiese tekste voorkom. Verder lê hy klem op die parallelismes en chiasmes wat tot die teks se konsentriese struktuur bydra.4 Josua 1 begin met die uitdrukking yhiy>w:, gevolg deur ʼn doodstyding. Die uitdrukking yhiy>w: is ʼn geykte formule wat telkens in die Ou Testament voorkom (vgl die dood van Josua in Rig 1:10, en die dood van Saul in 2 Sam 1:1). Hierdie eenheid (Josua 1:1–2, 5b-6d, 9d–11e, 16a–17d, 18e–f) bestaan onder andere uit bystandsuitsprake (1:5bc, 17cd) en bemoedigingsuitsprake (1:6a, 18ab).5

%M’[i hy<h.a, hv,mo-~[i ytiyyIh’ rv,a]K;

1:5

Soos wat Ek met Moses was, sal Ek met jou wees;

hv,mo-~[i hy”h’ rv,a]K; %M’[i

1:17

Soos ons met Moses was, sal ons

met jou wees;

#m’a/w< qz:x]

1:6a

Wees sterk en vol moed!

#m’a/w< qz:x]

1:18ab

Wees sterk en vol moed.

Die sogenaamde ampsinstellingsformule en ontslagformule6 speel verder ʼn beduidende rol in die boek Deuteronomium en Deuteronomistiese redaksies. Moses, Josua en Samuel word byvoorbeeld met dieselfde woorde ontslaan (Jos 23; 1 Sam 12).7 Die voorkoms van die ontslagformule in verskillende kontekste dui moontlik op ʼn gemeenskaplike agtergrond. In Deuteronomium 3:21–28 vra Moses vir Jahwe of hy die Beloofde Land mag ingaan. Sy versoek word geweier en hy kry opdrag om Josua as leier aan te stel. In Deuteronomium 31:1–8 word Josua as nuwe leier aan die volk voorgehou en word die volk aangemoedig om hom te gehoorsaam.

In Deuteronomium 3:28, waar die oorgang van Moses na Josua ter sprake kom, lui die teks soos volg:

[;vuAhy>-ta, wc;w>

A28a

Gee bevel aan Josua,

WhqeZ>x;w>

A28b

en versterk hom;

hZ<h; ~[‘h’ ynEp.li rbo[]y: aWh-yKi

B28d

Want hy sal voor hierdie volk uittrek,

ha,r>Ti rv,a] #r,a’h’-ta, ~t’Aa lyxin>y: aWhw><,/font>

B28ef

en hy sal hulle die land wat jy sien, laat erf.

Vers 28a–b(A) en Bd–f (B) bestaan albei uit ʼn parallelisme. Die partikel yKi verbind vers 28a–b (A) en Bd–f (B).

Die eerste gedeelte (A) bevat die dubbele bemoediging:

Die tweede gedeelte (B) handel weer oor die magsoordrag, wat behels dat Josua die land sal verower en verdeel:

ha,r>Ti rv,a] #r,a’h’-ta, ~t’Aa lyxin>y: aWh

B28ef

en hy sal hulle die land wat jy sien, laat erf.

Deuteronomium 31:6 brei die ampsinstellingsformule uit. Die volgende skema word gebruik om die verskillende elemente van die teks te onderskei: bemoediging (A), opdragte (B) en bystandsuitsprake (C). Die verwysing na Deuteronomium 31:6 dien as voorbeeld van die wydverspreide voorkoms van ʼn ampsinstellingsformule, ʼn tipiese kenmerk van Deuteronomium. Die voorkoms van die ampsinstellingsformule lei ook tot bepaalde gevolgtrekkings oor Josua 3:2–3.

Wqz>xi

A¹ 6a

Wees sterk

Wcm.aiw Wcm.aiw>

A¹ 6b

en vol moed;

War>yTi-la;

A² 6c

moenie vrees nie

~h,ynEP.mi Wcr>[;T;-la;

A² 6d

moenie skrik vir hulle nie;

^yh,l{a/ hw”hy> yKi

C¹ 6pe

want die Here jou God

%M’[i %lehoh; aWh

C¹ 6e

dit is Hy wat saam met julle trek;

^P.r>y: al{

C² 6f

Hy sal jou nie laat val nie

&’b,z>[;y: al{w>

C² 6g

en jou nie verlaat nie.

In Deuteronomium 31:6 is Moses in gesprek met die volk. Hierdie gedeelte bestaan uit twee dele (6a–f; e–g). Sodoende verbind die partikel yKi (6pe) die twee gedeeltes. Die eerste deel (6a–d) begin met ʼn positiewe bemoediging van Moses (6ab), wat in 6cd herhaal word.

Die tweede gedeelte (6e–g) bevat ʼn bystandsuitspraak, wat in die vorm van ʼn parallelisme uitgedruk word (6pe en 6e). Twee verbodsinne (6f en 6g) herhaal hierdie bystandsuitspraak. Let wel dat geen ampsoordrag plaasvind nie, omdat Moses nog hier met die volk praat.

Die struktuur van Deuteronomium 31:7–8, waar Moses met Josua in gesprek is, sien soos volg daar uit:

qz:x]

A¹ 7c

Wees sterk

#m’a/w<

A¹ 7d

en vol moed,

#r,a’h’-la, hZ<h; ~[‘h’-ta, aAbT’ T’a yKi

B¹ 7e

want jy sal met hierdie volk die land ingaan;

~h,l’ ttel’ ~t’boa]l; hw”hy> [B;v.nI rv,a]

B¹ 7f

wat die Here aan julle vaders met ʼn eed beloof het om te gee;

~t’Aa hN”l,yxin>T; hT’a;w>

B² 7g

En Hy sal hulle dit laat erf.

aWh hw”hyw:

C¹ 8pab

En dit is die Here

^yn<p’l. %lehoh;

C1 8a

wat voor jou uittrek;

%M’[i hy<h.yI aWh

C1 8b

Hy sal met jou wees;

^P.r>y: al{w>

C² 8c

Hy sal jou nie laat val nie;

&’b,z>[;y: al{w>

C² 8d

en jou nie verlaat nie;

ar’yti al{

A² 8e

Jy moenie vrees nie;

ar’yti al{w>

A² 8f

en jy moenie skrik nie.

Hierdie gedeelte bestaan uit bemoedigingsuitsprake (A), opdragte (B) en bystandsuitsprake (C). Twee imperatiewe (7c–d) vul die bemoedigingsuitsprake (A) aan. Hierdie imperatiewe loop op hul beurt uit op parallelistiese handelingsopdragte (7e en 7g). Die land word as goddelike subjek beskryf (7f).

Vers 8 (8pab–f) begin met ʼn bystandsuitspraak wat met ʼn verbodsin (8c en 8d) uitgebrei word. Die eenheid sluit af met twee bemoedigingsuitsprake. Hierdie bemoedigingsuitsprake is in die vorm van verbodsinne gegiet (8ef). Deuteronomium 31:7–8 word dus deur positiewe én negatiewe bemoedigingsinne omraam. Die raam van positiewe (7cd) en negatiewe bemoedigingsuitsprake (8ef) plaas die handelingsopdrag en bystanduitsprake in die kern van die gedeelte.

Dieselfde struktuur van bemoedigingsuitsprake, opdragte en bystandsuitsprake kom in Josua 1:1–2, 5b–6d, 9d–11e, 16a–17d en 18e–f voor:

hw”hy> db,[, hv,mo tAm yrex]a; yhiy>w:

1a

En na die dood van Moses, die kneg van die Here,

hv,mo trev’m. !Wn-!Bi [;vuAhy>-la, hw”hy> rm,aYOw rmoale

1b

het die Here gepraat met Josua seun van Nun, dienaar van Moses, en gesê:

tme yDIb.[; hv,mo

2a

My dienaar Moses is dood;

~Wq hT’[;w>

2b

staan nou op,

#r,a’h’-la, hZ<h; ~[‘h’-lk’w> hT’a; hZ<h; !Der>Y:h;-ta, rbo[]

B¹ 2c

en trek deur die Jordaan, jy en die hele volk, na die land

laer’f.yI ynEb.li ~h,l!tenO ykinOa’ rv,a]

B¹ 2d

wat Ek vir hulle, die seuns van Israel sal gee.

hv,mo-~[i ytiyyIh’ rv,a]K

C¹ 5b

...soos wat Ek met Moses was,

%M’[i hy<h.a,

C¹ 5c

sal Ek met jou wees;

^P.r>a; al{

C² 5d

Ek sal jou nie laat val nie;

&’b,z>[,a,

C² 5e

en jou nie verlaat nie.

qz:x

A¹ 6a

Wees sterk;

#m’a/w<

A¹ 6b

en vol moed,

#r,a’h’-ta, hZ<h; ~[‘h’-ta, lyxin>T; hT’a; yKi

B² 6c

want jy sal hierdie volk die land

laat erf

~h,l’ ttel’ ~t’Aba]l; yTi[.B;v.nI-rv,a]

B² 6d

Wat Ek vir hulle vaders met ʼn eed beloof het om te gee.

#ro[]T;-la;

A² 9d

moenie vrees nie;

tx’Te-la;w>

A² 9e

en moenie skrik nie;

%leTe rv,a] lkoB. ^yh,l{a/ hw”hy> ^M.[i yKi

C¹ 9f

want die Here jou God is met jou, oral

%leTe rv,a]

C¹ 9g

waar jy heen gaan.

Die volgende uiteensetting dui die bemoedigingsinne, opdragte en bystandsbeloftes aan:

• Bemoedigingsinne:

qz:x

A¹ 6a

Wees sterk;

#m’a/w<

A¹ 6b

en vol moed,

#ro[]T;-la;

A² 9d

moenie vrees nie;

tx’Te-la;w>

A² 9e

en moenie skrik nie;

• Opdragte:

#r,a’h’-la, hZ<h; ~[‘h’-lk’w> hT’a; hZ<h; !Der>Y:h;-ta, rbo[]

B¹ 2c

en trek deur die Jordaan, jy en die hele volk, na die land

#r,a’h’-ta, hZ<h; ~[‘h’-ta, lyxin>T; hT’a; yKi

B² 6c

want jy sal hierdie volk die land laat erf

• Bystandsinne:

hv,mo-~[i ytiyyIh’ rv,a]K;

C¹ 5b

...soos wat Ek met Moses was,

%M’[i hy<h.a,

C¹ 5c

sal Ek met jou wees;

%leTe rv,a] lkoB. ^yh,l{a/ hw”hy> ^M.[i yKi

C¹ 9f

want die Here jou God is met jou, oral

%leTe rv,a]

C¹ 9g

waar jy heen gaan.

Deuteronomium 3:28, 31; 31:6–8 en Josua 1:1–2, 5b–6d, 9d–11e, 16a–17d en 18e–f (tekste wat volgens Römer se model in die konteks van ʼn eksiliese weergawe van die Deuteronomistiese geskiedswerk val) toon ʼn struktuur van bemoediging en bystand. Die bystandsin en opdrag in Josua 3:7–8 sluit by hierdie struktuur aan:

[;vuAhy>-la, hw”hy> rm,aYOw:

7a

En die Here het vir Josua gesê:

laer’f.yI-lK’ ynEy[eB. ^l.D,G: lxea’hZ<h; ~AYh;

7b

Vandag sal Ek begin om jou groot te maak in die oë van die hele Israel;

!W[d>yE rv,a]

7c

Sodat hulle kan weet

hv,mo-~[i ytiyyIh’ rv,a]K; yKi

7d

Dat soos Ek met Moses was,

%M’[i hy<h.a,

7e

Ek met jou sal wees;

rmoale tyrIB.h;-!Ara] yaef.nO ~ynIh]Koh;-ta, hW<c;T. hT’a;w>

3:8a

Gee dan die bevel vir die priesters wat die verbondsark dra;

dmo[]T; !Der>Y:B; !Der>Y:h; yme hceq.-d[; ~k,a]boK.

3:8b

Net soos julle aan die kant van die waters van die Jordaan kom, moet julle stilstaan.

Die opdrag in Josua 3:8 word egter eers in vers 15a–c en 17a–b deurgevoer:

!Der>Y:h;-d[; !Ara’h’ yaef.nO aAbk.W

3:15a

en toe die draers van die ark by die Jordaan kom;

~yIM’h; hceq.Bi WlB.j.nI !Ara’h’ yaef.nO ~ynIh]Koh; yleg>r;w>

3:15b

Toe die voete van die priesters wat die ark dra, in die vlakwater kom

ryciq’ ymey> lKo wyt’AdG>-lK’-l[; alem’ !Der>Y:h;w>

3:15c

terwyl die Jordaan vol was op al sy walle op al die dae van die oes;

%AtB. hb’r’x’B, hw”hy>-tyrIB. !Ara’h’ yaef.nO ~ynIh]Koh; Wdm.[;Y:w:

!Der>Y:h;

3:17a

Maar die priesters wat die verbondsark van die Here dra, het bly staan op droë grond, binne-in die Jordaan;

hb’r’x’B, ~yrIb.[o laer’f.yI-lk’w>

3:17b

en die hele Israel het deurgetrek op droë grond;

Die literêre verbande tussen Deuteronomium 3:28, 31; 31:6–8 en Josua 1:1–2, 5b–6d, 9d–11e, 16a–17d, 18e–f; 3:7–8, 15 en 17a8 sluit in die breë by Römer se hipotese van ʼn eksiliese weergawe van die Deuteronomistiese geskiedswerk (Deut 1, 31; Jos 1, 3–4) aan.9 Hier volg ʼn uiteensetting van die Deuteronomistiese verhaal van die Jordaanoorgang in Josua 3:1–17:

[;vuAhy>-la, hw”hy> rm,aYOw:

7a

En die Here het vir Josua gesê:

laer’f.yI-lK’ ynEy[eB. ^l.D,G: lxea’ hZ<h; ~AYh;

7b

Vandag sal Ek begin om jou groot te maak in die oë van die hele Israel;

!W[d>yE rv,a]

7c

Sodat hulle kan weet

hv,mo-~[i ytiyyIh’ rv,a]K; yKi

7d

Dat soos Ek met Moses was,

%M’[i hy<h.a,

7e

Ek met jou sal wees;

rmoale tyrIB.h;-!Ara] yaef.nO ~ynIh]Koh;-ta, hW<c;T. hT’a;w>

3:8a

Gee dan die bevel vir die priesters wat die verbondsark dra;

dmo[]T; !Der>Y:B; !Der>Y:h; yme hceq.-d[; ~k,a]boK.

3:8b

Net soos julle aan die kant van die waters van die Jordaan kom, moet julle stilstaan.

!Der>Y:h;-d[; !Ara’h’ yaef.nO aAbk.W

3:15a

en toe die draers van die ark by die Jordaan kom;

~yIM’h; hceq.Bi WlB.j.nI !Ara’h’ yaef.nO ~ynIh]Koh; yleg>r;w>

3:15b

Toe die voete van die priesters wat die ark dra, in die vlakwater kom

ryciq’ ymey> lKo wyt’AdG>-lK’-l[; alem’ !Der>Y:h;w>

3:15c

terwyl die Jordaan vol was op al sy walle op al die dae van die oes;

%AtB. hb’r’x’B, hw”hy>-tyrIB. !Ara’h’yaef.nO ~ynIh]Koh; Wdm.[;Y:w:

!Der>Y:h;

3:17a

Maar die priesters wat die verbondsark van die Here dra, het bly staan op droë grond, binne-in die Jordaan;

hb’r’x’B, ~yrIb.[o laer’f.yI-lk’w>

3:17b

en die hele Israel het deurgetrek op droë grond;

Josua 4:14–18 sluit by hierdie gedeelte aan:

laer’f.yI-lK’ ynEy[eB. [;vuAhy>-ta, hw”hy> lD;GI aWhh; ~AYB;

4:14a

Die dag het die Here vir Josua verhoog voor die oë van die hele Israel;

Atao War>Yiw:

4:14b

sodat hulle Hom gevrees het;

wyY”x; ymey>-lK’ hv,mo-ta, War>y” rv,a]K;

4:14c

soos wat hulle Moses gevrees het al die dae van sy lewe;

rmoale [;vuAhy>-la, hw”hy> rm,aYOw:

4:15

en die Here het vir Moses gesê:

tWd[eh’ !Ara] yaef.nO ~ynIh]Koh;-ta, hWEc;

4:16a

beveel die priesters wat die ark van getuienis dra:

!Der>Y:h;-!mi Wl[]y:w>

4:16b

dat hulle uit die Jordaan opkom;

rmoale ~ynIh]Koh;-ta, [;vuAhy> wc;y>w:

4:17a

en Josua het die priesters beveel:

!Der>Y:h;-!mi Wl[]

4:17b

kom op uit die Jordaan!

hw”hy>-tyrIB. !Ara] yaef.nO ~ynIh]Koh; ÎtAl[]K;Ð ¿tAl[]B;À yhiy>w:

!Der>Y:h; %ATmi

4:18a

En toe die priesters wat die verbondsark van die Here dra, uit die middel van die Jordaan opkom;

hb’r’x’h, la, ~ynIh]Koh; yleg>r; tAPK; WqT.nI

4:18b

het die priesters skaars hulle voetsole gelig na die droë grond;

~m’Aqm.li !Der>Y:h;-yme WbvuY”w:

4:18c

of die waters van die Jordaan het teruggekeer na sy plek;

wyt’AdG>-lK’-l[; ~Avl.vi-lAmt.ki Wkl.YEw:

4:18d

en soos gister en eergister op al sy walle geloop;

Rekonstruksie van die na-priesterlike narratief van die Jordaandeurgang

Bieberstein (1995:304–427) se noukeurige analise van Josua 3–6 lê ten grondslag aan die rekonstruksie van die oorspronklike narratief van Josua 3. In sy analise maak Bieberstein gebruik van die tydsaanduidings en wisselende werkwoordvorme om die oorspronklike teks te bepaal.10

Die komposisie van die basisverhaal bestaan uit die volgende elemente:

Josua 3:1–17 begin met die tydsaanduiding rq,BoB; ~Kev.Y:w:.. (3:1). Hierdie uitdrukking kom dikwels in die Ou Testament voor waar ʼn nuwe gedeelte begin (vgl Gen 19:27, 20:8, 21:14; Jos 6:12, 7:16, 8:10; Rig 6:28; 1 Sam 15:12, 17:20; 2 Kron 20:20). Ná bostaande openingsin volg vier sinne wat die narratief uitbrei:

~yJiVih;me W[s.Yiw:

3:1b

en weggetrek van Sittim;

laer’f.yI ynEB.-lk’w> aWh !Der>Y:h;-d[; WaboY”w:

3:1c

en aangekom by die Jordaan, hy en die seuns van Israel;

~v’ WnliY”w:

3:1d

en daar oorgebly;

Wrbo[]y: ~r,j,

3:1e

voordat hulle deurgetrek het.

Josua is in vers 3:1a die subjek van die narratief:

rq,BoB; [;vuAhy> ~Kev.Y:w:

3:1a

En daarop het Josua vroeg in die môre opgestaan;

Hierna dien vers 1b–e om die narratief uit te bou (soos hier bo aangedui). Die verhaal word in vers 5 voortgesit wanneer Josua ʼn opdrag gee:

~[‘h’-la, [;vuAhy> rm,aYOw:

3:5a

En Josua het vir die volk gesê:

Josua 3:2–4 onderbreek die narratief soos volg:

Tydsaanduiding: ʼn Verwysing na ʼn verdere drie dae kom voor (3:2a). Hierdie verdere drie dae verskil van vers 1, waar die werkwoord WnliY” (3:1d) ʼn kamp van een nag veronderstel. Die volgende sin (3:1e) Wrbo[]y: ~r,j sluit by die voorafgaande sin aan om sodoende die konsep van een nag se kamp te onderstreep (Soggin 1972:55). Vers 1a–e dien dan as inleiding tot die narratief. Josua en die seuns van Israel het weggetrek van Sittim en by die Jordaan oornag voordat hulle deurgetrek het.

Karakters: Vers 3:2b verwys na offisiere ( ~yrIj.Voh). Hierdie offisiere speel egter nêrens anders in die narratief weer enige rol nie.

Objek: Die ark word skielik deel van die verhaal (Soggin 1972:55; Butler 1983:44). Verwysings na die ark maak wél sin in die konteks van vers 3:6a–e, waar Josua die priesters opdrag gee om die ark te dra.

Subjekwisseling: Vers 3:3c verwys na die priesters as Leviete, terwyl die res van die narratief slegs na priesters verwys (3:6a, 11, 14b).

Vers 5a, ~[‘h’-la, [;vuAhy> rm,aYOw (‘En Josua het vir die volk gesê’), sluit by die voorbereidings vir die deurgang (Jos 3:1a–e) aan. Josua se opdrag aan die volk word met ʼn imperatief ingelei (3:5b):

WvD’q;t.hi

3:5b

reinig julleself;

en met ʼn kousale sin voortgesit:

tAal’p.nI ~k,B.r>qiB. hw”hy> hf,[]y: rx’m’ yKi

3:5c

want môre sal die Here wonders onder julle doen;

Die kousale sin (3:5c) koppel Josua se opdrag aan die belofte van Jahwe se magtige handelinge. Sodoende dien die kousale sin as motivering van Josua se opdrag. Terselfdertyd dien Josua 3:5 as ʼn inleiding vir die volgende gedeelte (3:10b, c) wat die magtige werk van Jahwe beklemtoon. Verder vorm die woorde ~k,B.r>qiB. Yx; lae yKi (3:10c) ʼn parallelisme11 met die vorige vers (3:5), wat die verhouding tussen 3:5 en 3:10 versterk:

WvD’q;t.hi

3:5b

reinig julleself;

tAal’p.nI ~k,B.r>qiB. hw”hy> hf,[]y: rx’m’ yKi

3:5c

want môre sal die Here wonders onder julle doen

!W[d>Te tazOB.

3:10b

hieraan sal julle weet

~k,B.r>qiB. Yx; lae yKi

3:10c

dat ʼn lewende God in julle midde is

In die tweede hoofdeel (3:14a–16f) kom die natuurwonder ter sprake. Die inleiding tot die natuurwonder (3:13) kom reeds in die voorafgaande hoofdeel (3:5a–13c) voor.

Die twee sinne wat die wonder inlei (13b, d) word in die tweede hoofdeel woordeliks herhaal. Hierdie herhaling verbind die belofte van die wonder met die uitvoering van die wonder, en dra sodoende tot die eenheid van die gedeelte by. Verder bevestig die herhaling die spanningslyn van die narratief:

!WtreK’yI !Der>Y:h; yme

3:13b

die waters van die Jordaan sal afgesny word;

Wtr’k.nI

3:16e

is afgesny;

dx’a, dnE Wdm.[;y:w>

3:13d

en dit sal soos een wal bly staan;

dx’a,-dnE Wmq

3:16b

dit het opgestaan soos een wal.

Die tydsaanduiding van die twee sinne wat die wonder inlei (3:13b, d), naamlik imperfektum 3 manlik meervoud, verwys terug na die twee sinne in die uitbreiding van die narratief (3:1,b, e) en verstewig sodoende die samehang van die narratief (3:1b–e).

Terselfdertyd is 3:13b, d ʼn verwysing na die wonderwerk wat in 3:5 aangekondig word:

tAal’p.nI ~k,B.r>qiB. hw”hy>

3:5c

die Here gaan wonders doen tussen julle;

Verder voltooi vers 13b, d die belofte van Jahwe se wonderwerke in vers 10:

~k,B.r>qiB. Yx; lae yKi

3:10c

dat ʼn lewende God in julle midde is;

Die volgende diagram stel die samehang van die basisverhaal voor:

Die gerekonstrueerde basisverhaal lees dan soos volg:

rq,BoB; [;vuAhy> ~Kev.Y:w:

3:1a

En daarop het Josua vroeg in die môre opgestaan;

~yJiVih;me W[s.Yiw:

3:1b

en weggetrek van Sittim;

laer’f.yI ynEB.-lk’w> aWh !Der>Y:h;-d[; WaboY”w:

3:1c

en aangekom by die Jordaan, hy en die seuns van Israel;

~v’ WnliY”w:

3:1d

en daar oorgebly;

Wrbo[]y: ~r,j,

3:1e

voordat hulle deurgetrek het.

~[‘h’-la, [;vuAhy> rm,aYOw:

3:5a

En Josua het vir die volk

gesê:

WvD’q;t.hi

3:5b

Reinig julleself;

tAal’p.nI ~k,B.r>qiB. hw”hy> hf,[]y: rx’m’ yKi

3:5c

want môre sal die Here wonders onder julle doen;

!W[d>Te tazOB.

3:10b

hieraan sal julle weet

~k,B.r>qiB. Yx; lae yKi

3:10c

dat ʼn lewende God in julle midde is

!WtreK’yI !Der>Y:h; yme

3:13b

die waters van die Jordaan sal afgesny word;

dx’a, dnE Wdm.[;y:w>

3:13d

en dit sal soos een wal bly

staan.

!Der>Y:h;-ta, rbo[]l; ~h,yleh\a’me ~[‘h’ [;son>Bi yhiy>w:

3:14a

En toe die volk wegtrek uit hulle tente om die Jordaan deur te gaan;

hl’[.m;l.mi ~ydIr>YOh; ~yIM;h; Wdm.[;Y:w:

3:16a

toe het die water wat van bo af kom, gaan staan;

ry[ih’ Î~d’a’meÐ ¿~d’a’b’À daom. qxer>h; dx’a,- dnE Wmq’

3:16b

dit het opgestaan soos een wal, baie ver weg by stad Adam;

!t’r>c’ dC;mi rv,a]

3:16c

wat langs Sartan lê;

WMT; xl;M,h;-~y” hb’r’[]h’ ~y” l[; ~ydIr>YOh;w>

3:16d

en die wat afstroom na die see van die vlakte, die Soutsee;

Wtr’k.nI

3:16e

is afgesny;

AxyrIy> dg<n< Wrb.[‚ ~[‘h’w>

3:16f

en die volk het deurgetrek, teenoor Jerigo.

Die basisverhaal (Jos 3:1, 5, 10b–c, 13b–d, 14a, 16a–f) maak ʼn literêre en tematiese eenheid uit. Wat die tema van die narratief betref, staan die natuurwonder voorop. ʼn Duidelike struktuur is onderliggend aan dié verhaal. Die volgende dien as voorbeelde:

• Die teks is afgebaken met die inleidingsformule rq,BoB; ~Kev.Y:w. Hierdie uitdrukking dui waarskynlik nie net die begin van ʼn nuwe teks aan nie, maar wys eerder terug na ʼn voorafgaande gedeelte (nie noodwendig die vorige hoofstuk nie).

• Die tydsaanduider yhiy>w: (3:14a) koppel die eerste gedeelte (3:5a–3:13c) aan die tweede gedeelte (3:14a–3:16f). Die eerste deel bevat dus die gesprek en die opdragte van Jahwe, en dien as voorbereiding vir die wonderwerk. In die tweede hoofgedeelte (wat met yhiy>w: ingelei word) vind die wonderwerk plaas.

• Die twee nominale sinne (10c, 16c) help om die tempo van die verhaal te verlangsaam.

• Die herhaling van die wonderwerk vind in die tweede hoofgedeelte van die teks (3:13b–d, 16a–c) plaas. Op grond daarvan is ʼn duidelike progressie wat betref die spanningslyn in die teks sigbaar.

• Die inleidingsformule (rq,BoB; ~Kev.Y:w) en die slotformule (!Der>Y:h;-ta, rbo[]l); dui weereens die afgeronde eenheid en struktuur van die teks aan.

Die volgende elemente (Bieberstein 1995:327–330) speel ʼn rol in die datering van Josua 3:1, 5, 10b–c, 13b–d, 14a en 16a–f:

• Die werkwoordstam vdq (Jos 3:5b)

In die na-eksiliese geskrifte, veral in die Kroniekeboeke, kom die stam vdq in verband met die priesters, die Leviete en die tempel voor (Bieberstein 1995:332). In die eksiliese tekste, veral van Esegiël, kom dit in verband met die volk self voor. In uitsonderlike gevalle (soos Eks 19:10, 14) word die volk tot ʼn konkrete handeling geheilig. Die stam vdq kom 19 maal in die hitpatel-stamformasie voor. Hiervan is die priesters in sewe gevalle die subjekte van die handeling, die Leviete ses maal, en die volk drie maal (Bieberstein 1995:332). Die vertaling ‘reinig’ (Jos 3:5) weerspieël nie werklik die oorspronklike betekenis van die woord nie (Boling & Wright 1982:162). Hierdie woord val waarskynlik in die konteks van onthouding van seksuele omgang en die eet van sekere kosse. Verder verwys die woord na spesifieke heiligingsrituele (Eks 19:1–15; Num 11:18; 2 Sam 11).

• Die term tAal’p.n hf,[]y: (Jos 3:5)

Die term tAal’p.n hf,[]y: kom in die kousale sin (Jos 3:5c) voor. In die Pentateug word die volgende voorbeelde aangetref:

Abr>qiB. Hf,[/a, rv,a] yt;aol.p.nI lkoB. ~yIr;c.mi-ta, ytiyKehiw>

Eks 3:20

Ek sal Egipte teister met al

my wonders wat Ek onder

hom sal doen;

#r,a’h’-lk’b. War>b.nI-al{ rv,a] taol’p.nI hf,[/a,

~yIAGh;-lk’b.W

Eks 34:10

Ek sal wonders doen wat nie gedoen is op die hele aarde en onder al die nasies nie;

tAal’p.nI ~k,B.r>qiB. hw”hy> hf,[]y: rx’m’

Jos 3:5

Môre sal Ek wonders onder

julle doen;

Hierdie drie voorbeelde bevat die kernelemente van die heilsgeskiedenis, naamlik die uittog uit Egipte en die intog in Kanaän. Die uitdrukking tAal’p.n hf,[]y: verbind die roeping van Moses, die Sinaiperikoop en die deurgang van die Jordaan (wat die intog simboliseer) met mekaar. Weereens is daar ʼn verband tussen die narratief en die groter landveroweringsverhaal (Moses, Sinai).

Die eerste voorbeeld (Eks 3:20) is volgens voorstanders van die bronnehipotese hetsy ʼn produk van ʼn Jahwistiese (J) weergawe van Moses se roeping óf ʼn vroeëre verwerking van Eksodus 3.12 Die tweede voorbeeld (Eks 34:10) val in die konteks van die Sinaiperikoop. Dit sal egter moeilik wees om Eksodus 34 aan ʼn niepriesterlike konteks te koppel. Die derde voorbeeld (Jos 3:5) maak deel uit van ʼn goddelike gesprek waarin die natuurwonder beloof word.

Bieberstein (1995:334) dui voorts die verband tussen die volgende gedeeltes (Eks 7:17; Jos 3:10) aan:

hw”hy> ynIa] yKi [d;Te tazOB.

Eks 7:17

Hieraan sal jy weet dat

Ek die Here is;

~k,B.r>qiB. Yx; lae yKi !W[d>Te tazOB.

Jos 3:10

Hieraan sal julle weet dat

ʼn lewende God in julle

midde is;

Die eerste gedeelte (Eks 7:17) kom voor in die verhale van die tien plae, en handel oor Moses se onsekerheid of die volk hom as leier sal aanvaar. Die tweede voorbeeld (Jos 3:10) dien as regverdiging van Josua se leierskap. In die volgende voorbeeld dui Bieberstein die ooreenkoms tussen Eksodus 17:7 en Josua 3:10 aan:

!yIa’-~ai WnBer>qiB. hw”hy> vyEh]

Eks 17:7

Is die Here tussen ons of nie?

~k,B.r>qiB. Yx; lae yKi !W[d>Te tazOB.

Jos 3:10

Hieraan sal julle weet dat ʼn lewende God in julle midde is;

Die agtergrond van die derde gedeelte (Eks 17:7) is egter ingewikkeld. Die teks kom voor in die raamwerk van twee etiologieë, wat die interpretasie daarvan bemoeilik. Daar is geen sprake van ʼn direkte verband tussen die twee gedeeltes nie.

Bogenoemde voorbeelde kan soos volg uiteengesit word:

Eks 3:20 Eks 7:17 Eks 17:7 Eks 34:10 Num 11:18 Num 25:1

Jos 3:1b *

Jos 3:5b *

Jos 3:5c * *

Jos 3:10 * *

Bostaande voorbeelde bevestig dat die kern van die Josua-landveroweringsverhaal ooreenkomste met gedeeltes in die res van die Pentateug toon. Die gedeeltes wat ter sprake is (Eks 3:20, 7:17, 17:7, 34:10; Num 11:18, 25:1), het egter geen direkte verband met Josua 3 nie. Verder is dit moeilik om die gedeeltes (Eks 3:20, 7:17, 17:7, 34:10; Num 11:18, 25:1) in ʼn vooreksiliese konteks te gebruik.

Zenger (1971:124–125, 137–138) dui op ‘n Jahwistiese landveroweringsverhaal. Hy baseer sy hipotese op die volgende argumente:

• werkwoordstamme hf[( (qal) en tAal’p.nI (nifal) (Eks 3:20, 34:10; Jos 3:5)

• werkwoordstam hnx saam met die term hcqb (Eks 13:20; Jos 4:19)

• verwysing na manna in die woestyn (Eks 16:35; Jos 5:10–12)

• verskyning van die hw”hy> %a;l.m; (Num 22:22–35) en die hw”hy> ab’c.-rf; (Jos 5:13–15)

• bou van die altaar (Eks 24:4–5; Jos 8:30–35).

Weereens weerspieël hierdie tekste nie ʼn voor-priesterlike konteks nie, en daarom is dit moeilik om dit te gebruik om ʼn voor-Deuteronomistiese landveroweringsverhaal te rekonstrueer.

Nóg voorbeelde van die na-priesterlike konteks van Josua 3:1, 5, 10b–c, 13b–d, 14a en 16a–f sluit die volgende in:

• Josua 3:5 bevat die term ëFdq, wat deel uitmaak van die opdrag aan die volk om hulself te heilig. Hierdie term kan nie juis as voorpriesterlik bestempel word nie, omdat dit kultiese gebruike impliseer (Eks 19:22; 1 Sam 16:5).

• Josua 3:13d (dx’a, dnE Wdm.[;y: : ‘ en dit sal soos een wal bly staan’) is problematies omdat die term dnE nié in die LXX voorkom nie. Volgens die analise van die komposisie van Josua 3:1–17, maak Josua 3:13d deel uit van die narratief van die Jordaandeurgang (3:1, 5, 10b–c, 13b–d, 14a en 16a–f). Die term dx’a, dnE is van belang. Hierdie term kom nie in die LXX voor nie, en is waarskynlik ʼn sekondêre invoeging in die MT (Boling 1982:168). Voorts sinspeel die term op Eksodus 15, waar dit óók voorkom (Boling 1982:168). Die moontlikheid bestaan dat Eksodus 15 uit die na-eksiliese tyd dateer (Brenner 1991). 13

• Die na-priesterlike verhaal van die Jordaandeurgang vorm ʼn afgeronde eenheid. Verder is daar ʼn duidelike spanningslyn te bespeur, wat uiteindelik op die klimaks van die natuurwonder uitloop.

Ander byvoegings

Die verwysings na die ark (Jos 3:6, 10, 11, 14) pas nie in die konteks van die Deuteronomistiese óf na-priesterlike narratief nie. Daarom ondersteun die outeur die moontlikheid dat die arkvertelling ʼn latere byvoeging was. In hierdie geval val die klem waarskynlik op die priesters wat die ark dra, en dien die gedeelte om die rol van die priesters te beklemtoon.

Vers 2–3 bevat die uitdrukking ‘Levitiese priesters’. In hierdie geval val die klem juis op die Leviete, en nié die priesters nie. Hierdie gedeelte weerspieël moontlik die stryd tussen priesters en Leviete om die beheer van die Tweede Tempel.

Verder is daar die moontlikheid van byvoegings wat bedoel is om die verskillende u itbreidings te harmoniseer en die teks te verhelder. Verse wat nie in die Deuteronomistiese óf die na-priesterlike narratief voorkom nie (Jos 3:4, 9, 10d, 12, 17) het meestal ʼn verhelderende funksie, en dien om die twee verhale te harmoniseer.

Gevolgtrekking

Die bestaan van twee verskillende verhale van die Jordaandeurtog verklaar in die eerste plek die herhalings, weersprekings en teenstrydighede in Josua 3:1–17. In die tweede plek weerspieël die komposisie van Josua 3:1–17 na die outeur se mening die groei en ontstaan van die Pentateug. Volgens Römer se model is die Pentateug hoofsaaklik uit ʼn samevoeging van ʼn Deuteronomistiese geskiedswerk en ʼn priesterlike/na-priesterlike vertelling gevorm.14 Josua 3:1–17 is ʼn voorbeeld van ʼn oorspronklike Deuteronomistiese verhaal wat deur ʼn priesterlike of na-priesterlike narratief uitgebrei of aangevul is.

Literatuurverwysings

Auld, A.G., 1980, Joshua, Moses and the land [Josua, Moses en die land], T&T Clark Publishers, Edinburgh.

Bieberstein, K., 1995, Joshua, Jordan, Jericho. Archäologie, Geschichte und Theologie der Landnahmeerzählungen Joshua 1–6, [Josua, Jordaan, Jerigo. Argeologie, geskiedenis en teologie van die intogverhale in Josua 1–6], Orbis Biblicus et Orientalis, vol. 143, Vandenhoeck & Ruprecht, Fribourg und Göttingen.

Boling, R.G. & Wright, G.E., 1982, Joshua [Josua], Anchor Bible, vol. 7, Doubleday, New York.

Brenner, M.L., 1991, The song of the sea: Ex 15:1–21 [Die lied van die see: Eks 15:1−21], Beiheft zur Zeitschrift für die alttestamentliche Wissenschaft, vol. 195, Walter de Gruyter, Berlin.

Butler, T.C., 1983, Joshua [Josua], Word Biblical Commentary 7, Word Books, Waco, Texas.

Cross, F.M., 1973, Canaanite myth and Hebrew epic: Essays in the history of religion of Israel, [Kanaänitiese mites en Hebreeuse epiese verhale: essays in die geskiedenis van Israel se Godsdiens], Harvard University Press, Cambridge.

Dus, J., 1960, ‘Die Analyse zweier Landnahmeërzahlungen des Josuabuches (Jos 3–4 und 6)’ [Analise van twee intogverhale van die boek Josua (Jos 3–4, 6)], Zeitschrift für die alttestamentliche Wissenschaft 72, 107–134.

Fohrer, G., 1964, Überlieferung und Geschichte des Exodus [Oorlewering en geskiedenis van die uittog] Beiheft zur Zeitschrift für die alttestamentliche Wissenschaft, vol. 91, Alfred Töppelman, Berlin.

Fritz, V., 1994, Das Buch Josua [Die boek Josua], Handbuch zum Alten Testament 7, J.C.B. Mohr, Tübingen.

Hawk, D.L., 1991, Every promise fulfilled: Contesting plots in Joshua [‘Elke belofte vervul’: verskillende verhaallyne in Josua], Westminster John Knox Publishers, Louisville, Kentucky.

Herzberg, H.W., 1965, Die Bücher Josua, Richter, Ruth, [Die boeke Josua, Rigters en Rut], Das Alte Testament Deutsch IX, Vandenhoeck & Ruprecht, Göttingen.

Keller, C.A., 1956, ‘Über einige altetestamentliche Heiligtumslegenden II’ [Aangaande verskeie oud-israelitiese heiligdomslegendes] Zeitschrift für die alttestamentliche Wissenschaft 68, 85–97.

Koorevaar, H.J., 1990, De opbouw van het Boek Jozua [Die opbou van die boek Josua], Heverlee, Brussels.

Kratz, R.G., 2005, The composition of the narrative books of the Old Testament [Die samestelling van die verhalende boeke van die Ou Testament], T&T Clark Publishers, Edinburgh.

Kraus, H.J., 1951, ‘Gilgal’, Vetus Testamentum 1, 181–199.

Levin, C., 1993, Der Jahwis [Die Jahwis], Forschungen zur Religion und Literatur des Alten und Neuen Testaments 157, Vandenhoeck & Ruprecht, Göttingen.

Maier, J., 1965, Das altisraelitische Ladeheiligtum [Die oud-israelitiese arkheiligdom], Beiheft zur Zeitschrift für die alttestamentliche Wissenschaft, vol. 93, Alfred Töpelmann, Berlin.

Mann, T.W., 1977, Divine presence and guidance in Israelite traditions, [Goddelike teenwoordigheid en leiding in Israelitiese tradisies], Johns Hopkins Press, Baltimore.

Mayes, A.D.H., 1983, The story of Israel between settlement and exile [Die verhaal van Israel tussen die vestiging en die ballingskap], London Press, London.

Nelson, R.D., 1997, Joshua: A commentary [‘n Josua kommentaar], Old Testament Library, Westminster John Knox Publishers, Louisville.

Noth, M., 1953, Das Buch Josua, Handbuch zum Alten Testament 7 [The book of Joshua. Guide to the Old Testament 7], J.C.B. Mohr, Tübingen.

Noth, M., 1972, A history of pentateuchal traditions [‘n Geskiedenis van die Pentateugiese tradisies], transl. B.W. Anderson, Prentice Hall Publishers, Englewood Cliffs.

Otto, E., 1975, Das Mazzotfest in Gilgal [Die fees van ongesuurde brood in Gilgal], Beiträge zur Wissenschaft vom Alten und Neuen Testament, vol. 107, W. Kohlhammer, Stuttgart.

Peckham, B., 1984, ‘The composition of Joshua 3–4’ [Die komposisie van Josua 3−4], Catholic Biblical Quarterly 46, 413–431.

Polzin, R., 1980, Moses and the Deuteronomist. A literary study of the Deuteronomic history [Moses en die Deuteronomist. ‘n Literatuurstudie van die Deuteronomiese geskiendenis], Seabury Press, New York.

Richter, W., 1970, Die Sogenannten vorprophetischen Berufungsberichte. Eine literaturwissen-schafltliche Studie zu 1 Sam 9:1–10,Ex 3:f und Ri 6:11b–17 [Die sogenaamde voor-profetiese roepingstekste. `n Literêr-wetenskaplike studie], Forschungen zur Religion und Literatur des Alten und Neuen Testaments, vol. 101, Vandenhoeck & Ruprecht, Göttingen.

Römer, T.C., 2007, The So-Called Deuteronomstic History. A Sociological, Historical and Literary Introduction [Die sogenaamde Deuteronomiese geskiedenis. ’n Sosiologiese, historiese en literêre inleiding], T & T Clark Publishers, Edinburgh.

Rudolph, W., 1938, Der ‘Elohist’ von Exodus bis Josua [Die ‘Elohis’ van Eksodus tot Josua], Beiheft zur Zeitschrift für die alttestamentliche Wissenschaft, vol. 68, Alfred Töpelmann, Berlin.

Schmidt, W.H., 1995, Exodus, Sinai und Mose. Erwägungen zu Ex 1-19 und 24 [Eksodus, Sinai en Moses.’n Ondersoek na Eks 1-19 en 24], 4th ed, Erträge der Forshung, vol. 191, Wissenschaftliche Buchgesellschaft, Darmstadt.

Smend, R., 1971, ‘Das Gesetz und die Völker. Ein Beitrag zur deuteronomistischen Redaksionsgeschichte’ [Die Wet en die volke. ‘n Bydrae tot die Deuteronomistiese redaksie- geskiedenis], in H.W. Wolff (Hrsg.) Probleme biblischer Theologie. Gerhard von Rad zum 70. Geburtstag, Kaiser Verlag, München, pp. 494–509.

Soggin, J.A., 1972, Josua, transl. R.A. Wilson, The Old Testament Library, SCM Publishers, London.

Van der Meer, J.M.N., 2004, Formulation and reformulation: The redaction of the Book of Joshua in the light of the oldest textual witnesses [Formulering en herformulering:die redaksie van die boek Josua in lig van die oudste teksgetuies], Vetus Testamentum Supplements, vol. 102, E.J. Brill, Leiden.

Veijola, T., 1975, Die ewige Dynastie: David und die Entstehung seiner Dynastie nach der Deuteronomistischen Darstellungen,[ Die ewige dinastie: Dawid en die ontstaan van sy dinastie volgens die Deuteronomistiese weergawe, Annales Academiae Scientarum Fennicae, vol. 193, Väitösk, Helsinki.

Vogt, E., 1965, ‘Die Erzählung von Jordanübergang Josua 3-4’ [Die verhaal van die Jordaan deurgang in Josua 3 en 4], Biblica 46, 125–148.

Von Rad, G., 1966, The problem of the Hexateuch and other essays [Die heksateugvraagstuk en ander essays], Oliver & Boyd Publishers, Edinburgh.

Von Rad, G., 2005, From Genesis to Chronicles: Explorations in Old Testament Theology [Van Genesis tot Kronieke:ondersoeke in die teologie van die Ou Testament], Fortress Press, Minneapolis.

Watson, W.G.E., 2005, Classical Hebrew poetry: A guide to its techniques [Klassieke Hebreeuse poësie: `n gebruikersgids], 3rd edn., T&T Clark Publishers, Edinburgh.

Wijngaards, J.N.M., 1969, The dramatization of the salvic history in the deuteronomistic schools [Die dramatisering van heilsgeskiedenis in die konteks van deuteronomistiese skole], Oudtestamentischen Studiën, vol. 16, E.J. Brill, Leiden.

Wildberger, H., 1960, Jahwes Eiguntumsvolk: eine Studie zur Traditionsgeschichte und Theologie des Erwälungsgedank [Jahwe se eiendomsvolk: `n studie na die tradisiegeskiedenis en teologie van die die konsep van uitverkiesing], Zwingli Verlag, Zürich.

Woudstra, M.H., 1981, The Book of Joshua [Die boek Josua], The New International Commentary on the Old Testament, Eerdmans, Grand Rapids, Michigan.

Zenger, E., 1971, Die Sinaitheophanie [Die Sinaiteofanie], Forschung zur Bibel, vol. 3, Echter Verlag, Würzburg.

Footnotes

1. Die volgende is voorbeelde van teenstrydighede en weersprekings in Josua 3–4:

• In 3:1 kamp die volk een nag op die rivieroewer. Dit is in stryd met die drie dae in 3:2.

• In 3:5 gee Josua ʼn opdrag dat die volk hulle moet reinig. Die volgende vers verwys nie daarna nie, en die gevolgtrekking is dus dat so ʼn reiniging nie plaasgevind het nie.

• Die ark speel ʼn onverwagse rol in die verhaal. Boonop is die terminologie wat vir die ark gebruik word uiteenlopend (Jos 3:3; 4:16).

• Josua gee opdrag (3:12) dat twaalf man uit die stamme gekies moet word, maar dié opdrag realiseer eers later (4:2–3) wanneer God dit beveel.

• Die feit dat die volk deur die rivier getrek het, word twee maal genoem (3:17; 4:1). Volgens hoofstuk 4:10–11 het die volk egter nie heeltemal deur die Jordaan getrek het nie.

• In 4:19–20 kom die volk uit die Jordaan, en slaan kamp op by Gilgal. Daar word twaalf klippe opgerig. In 4:8 is die klippe in die middel van die Jordaanrivier neergesit.

• Die priesters beweeg deur die rivier (4:11), maar later (4:15) gee Josua eers opdrag dat die priesters die rivier moet oorsteek.

Bogemelde voorbeelde het met kronologie te make. Teenstrydighede wat kronologie betref, het verskeie navorsers gedwing om die teks as ʼn samevoeging van verskillende bronne te benader. Noth (1953:31–33) wys op twee verskillende tradisies, naamlik die oprigting van die klippe by Gilgal, en die oprigting van klippe op die rivierbedding. Woudstra (1981:16) veronderstel dat Josua 3 en 4 as ʼn literêre eenheid beskou moet word, en dat literêre tegnieke gebruik is om die teks in sy finale vorm vas te lê. Herzberg (1965:25) beskou enige poging om die literêr-kritiese probleme van Josua 3 en 4 te ontrafel as ʼn taak van onmoontlikheid.

2. In dié verband meen Römer (2007:134) dat die Jordaanoorgang oorspronklik net Josua 3:2, 4, 6–7, 14–16 en 4:10–14 ingesluit het. Deuteronomium 23 het waarskynlik die eksiliese weergawe van die boek Josua afgesluit.

3. Bieberstein skryf die res van Josua 1 aan die volgende redaksies toe: vers 3–5a (DtrN), 7a–9c (DtrN), 12–15f (DtrR) en 18a–a2 (Z).

4. Volgens Bieberstein (1995) vertoon die teks ʼn konsentriese struktuur as in ag geneem word dat verse 7–9 ʼn latere invoeging is. Hy plaas vers 7–9c in die raamwerk van DtrN (ʼn Deuteronomistiese laag wat op die Wet fokus) (1995:390). Smend (1971:494–509) dui byvoorbeeld aan dat die bystandsin #m;a/w< qz:x] ʼn ander betekenis dra as byvoorbeeld in Deuteronomium 31:1–8. In Josua 1:7 vertaal hy dit met ‘doen alles moontlik’ in plaas van ‘wees sterk en vasberade’. Die meeste navorsers stem saam dat vers 7–8 ʼn byvoeging is (Lohfink 1961:36–38; Mann 1977:201–202; Mayes 1983:46–47; Noth 1953:22).

5. Bystandsuitsprake verwys na gedeeltes waar Jahwe sy volk beloof dat hy hulle sal bystaan. Bemoedigingsuitsprake verwys weer na Jahwe se beloftes van bemoediging. Hierdie uitsprake kom as vaste formules voor.

6. Ampsinstellings- en ontslagformules kom voor waar leiers oor die volk aangestel of uit hul amp ontslaan word.

7. Volgens Veijola (1975:28–9) is daar ʼn verband tussen die ontslag van Moses (Deut 31:1–8) en Dawid (1 Kon 2:1–4abd, 9).

8. Josua 2 (die verhaal van Ragab) verteenwoordig waarskynlik ʼn interpolasie tussen Josua 1 en 3. Die verhaal van Ragab vertoon ʼn teen-Deuteronomistiese verdraagsaamheid teenoor die ander volke (Römer 2007:134,182).

9. Volgens Bieberstein se model maak Deuteronomium 3 en 31, en Josua 1 en 3:2–4 deel uit van ʼn Deuteronomistiese snit (DtrA) wat die ampsoordrag van Moses na Josua beskryf. In hierdie studie word die verband tussen die onderskeie tekste aangedui, maar kom die outeur tot ʼn ander gevolgtrekking, naamlik dat Deuteronomium 3 en 31, en Josua 1 en 3:7–8 tot ʼn eksiliese weergawe van die Deuteronomistiese geskiedswerk behoort.

10. Bieberstein se analise van Josua 3:1–17 lei hom tot die hipotese van ʼn voor-Deuteronomistiese landveroweringsverhaal. Alhoewel die outeur Bieberstein se analise gebruik, kom hy tot ʼn ander gevolgtrekking, naamlik dat Josua 3:1, 5, 10b, c, 13b, d, 14a en 16a–f in die konteks van ʼn na-priesterlike vertelling tuishoort.

11. Watson (2005:127) beskryf hierdie parallelisme as ʼn gender-matched parallelisme wat ʼn buitengewone gebeurtenis (‘unusual event’) beklemtoon.

12. Noth (1972:267) skryf dit aan die Jahwis toe. Fohrer (1964:28–30), Richter (1970:57–103) en Zenger (1971:124–125) neem dieselfde standpunt in, terwyl Schmidt (1995) dit as ʼn Deuteronomistiese byvoegsel interpreteer. Levin (1993:23–24) en Fritz (1994:54) plaas dit glad nie in die konteks van een van die klassieke bronne nie.

13. Die komposisie en datering van Eksodus 15:1–21 bly ʼn ingewikkelde saak. Brenner (1991) neem standpunt in teen die meer tradisionele interpretasie wat dié gedeelte as vooreksiliese literatuur beskou (Cross 1973). Alhoewel die detail van Brenner se ondersoek buite die raamwerk van die huidige studie val, sluit die outeur tog by Brenner se na-eksiliese datering van Eksodus 15:1–21 aan.

14. Die boek Deuteronomium het mettertyd die slot van die Pentateug (Gen–Deut) geword. As gevolg hiervan het die boek Josua deel geword van die Vroeë Profete (Jos–-2 Kon) gevorm. Hierdie proses val egter buite die raamwerk van hierdie artikel.

Cited-By

No related citations found

Comments on this article

Before posting your comment, please read our policy.
Post a Comment (Login required)


ISSN: 1609-9982 (print) | ISSN: 2074-7705 (online)

Connect on: Facebook, Twitter, Google+, LinkedIn and YouTube

Subscribe to our newsletter

All articles published in this journal are licensed under the Creative Commons Attribution 4.0 International (CC BY 4.0) license, unless otherwise stated.

Website design & content: ©2016 AOSIS (Pty) Ltd. All rights reserved. No unauthorised duplication allowed.

AOSIS Publishing | Empowering Africa through access to knowledge
Postnet Suite #110, Private Bag X19, Durbanville, South Africa, 7551
Tel: 086 1000 381 
Tel: +27 21 975 2602 
Fax: 086 5004 974

publishing(AT)aosis.co.za replace (AT) with @

Please read the privacy statement.